Na die Nissan-Handelaars 400, die eerste ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat onlangs in die Darling-omgewing in die Wes-Kaap plaasgevind het, is dit baie duidelik dat vanjaar se Produksievoertuig- en Spesiale Voertuigkampioenskappe ‘n naelbytstryd gaan wees.

Die stelsel waarop die kampioenskapspunte uitgewerk is, is geherstruktureer en anders as vroeër jare, is dit uiters voordelig vir die algehele wenners in elke kategorie wat beteken dat die res van die veld ‘n opvangstryd sal speel en dié stryd sal reeds met die Nissan-Sugarbelt 400 wat op 23 en 24 April in die Eston-omgewing plaasvind, begin.

In die Produksievoertuigkategorie is die voormalige kampioene en wenners van die Nissan-Handelaars 400, Giniel de Villiers en Francois Jordaan (Trots Suid-Afrikaanse Nissan Hardbody) met 41 punte bo-aan die punteleer.

Hul spanmaats en huidige kampioene, Hannes Grobler en Richard Leeke, asook Hugo en sy pa, Jaap de Bruyn wat Klas E gewen en vierde algeheel in die Wes-Kaap in die Castrol-Toyota Hilux 2,7i geëindig het, met 32 punte gesamentlik tweede.

Die nuwelinge in die Castrol-Toyota-span, Pauolo Piazza-Musso en Rod Hering, het ‘n soliede vertoning in die Hilux 2,7i wat oorverhit het, gelewer om vyfde algeheel en eerste in Klas D klaar te maak en hulle is slegs ‘n enkele punt agter die tweedegeplaasde spanne.

Neil Woolridge en Kenny Skjôldhammer kon 27 punte bymekaarmaak en is vyfde algeheel in die Klas T-Ford Racing Ranger; die huidige Klas E-kampioene, Mark Cronje en Chris Birkin (Klas D-Castrol-Toyota Hilux 2,7i) is sesde met 26 punte en die man- en vrou-span, Neels en Zelda van der Walt het 25 punte in die Klas E-dieselaangedrewe Nissan Hardbody aangeteken.

Pa en seun, Cliff en Louis Weichelt, het allerhande probleme met hul N1 4x4/Bosal-Toyota gedurende die ren oorkom om derde in Klas D te eindig en is agtste algeheel in die kampioenskap.

Drie spanne is gesamentlik in die negende posisie met 18 punte elk. Die voormalige Produksievoertuig-jaerskampioen, Duncan Vos en Hennie ter Stege het in die negende plek oor die eindstreep gesukkel as gevolg van kragstuur- en dryfasprobleme met hul Klas T-Trots Suid-Afrikaanse Nissan Hardbody terwyl Henri Zermatten en Bodo Schwegler tiende algeheel en vierde in Klas D in die Playstation/Mastercraft-Pajero klaargemaak het. En niemand was meer tevrede as die Ford Racing-ontwikkelingspan, Baphumze Rubuluza en Khulile Vakalisa wat hul dieselaangedrewe Ford Ranger in die 11de plek algeheel en derde in Klas E tydens hul Absa-Veldrenkampioenskapdebuut by die einde aangebring het nie.

Produksievoertuigkampioenskap:

De Villiers / Jordaan (Nissan), 41

Grobler / Leeke (Nissan), 32

De Bruyn / de Bruyn (Toyota), 32

Piazza-Musso / Hering (Toyota), 31

Woolridge / Skjoldhammer (Ford), 27

Cronje / Birkin (Toyota), 26

Van der Walt / van der Walt (Nissan), 25

Weichelt / Weichelt (Toyota), 21

Vos / ter Stege (Nissan), 18

Zermatten / Schwegler (Pajero), 18

Rubuluza / Vakalisa (Ford), 18

Klas-E:

De Bruyn / de Bruyn (Toyota), 32

Van der Walt / van der Walt (Nissan), 25

Rubuluza / Vakalisa (Ford), 18

Klas-D:

Piazza-Musso / Hering (Toyota), 31

Cronje / Birkin (Toyota), 26

Weichelt / Weichelt (Toyota), 21

Klas-T:

De Villiers / Jordaan (Nissan), 41

Grobler / Leeke (Nissan), 32

Woolridge / Skjoldhammer (Ford), 27

Die Nissan-Handelaar 400 het weer sy tol onder die Spesiale Voertuiginskrywings geëis en slegs nege van die 22 spanne wat begin het, kon die einde haal.

Die tweemalige wenners van die Nissan-Handelaars 400, Atang Makgekgenene en Mike Stangl het ‘n goeie begin tot hul kampioenskapaanslag gemaak en is met 45 punte vir hul wenpoging in die uiters vinnige Chevy LS-1-aangedrewe Total-Jimco beloon.

Twee spanne deel die tweede posisie en is 10 punte agter die kampioenskapsvoorloeprs. Mark Corbett en Gavin Kelsey (Century Property Developments-BAT) het tweede algeheel en in Klas A vir spesiale voertuie met onbeperkte modifikasies klaargemaak ná ‘n renlange stryd met die wenners.

Die beste vertoning van die ren het egter aan Adri Roets en Deon de Kock in die tweeliter-Global DAD Racing-WPP behoort wat derde algeheel en eerste in Klas B geëindig het.

Glenn Classen en Mathew Ludick het 28 punte ingesamel nadat hulle vierde algeheel en tweede in Klas B met die plaaslik-ontwerpte en vervaardigde Radflo-Zarco was met die Wes-Kaapse pa- en seun-span, Bes en Etienne Bezuidenhout wat tevrede was met hul 24 punte nadat hulle vyfde algeheel en derde in Klas B met die Adenco-Sandmaster klaargemaak het.

Ernst Corbett, Mark se pa, en sy skoonseun, Warwick Goosen, het in ‘n goeie sesde posisie algeheel geëindig en het 22 punte gevolg deur die huidige Klas S-jaerskampioen, Nic Goslar en Graydon Ilderton in die Kopanong Hotel Superteam-Raceco met 21 punte en die voormalige Klas B-kampioen, Marcus Taylor en Carl van der Merwe (Rollerbak Racing-JRE) agtste met 20 punte.

Die huidige Spesiale Voertuig- en Klas B-jaerskampioen, Giel Nel (Luk/Ate-Truggy) het ‘n ren beleef wat hy eerder sal wil vergeet. Probleme met die koppelaarhoofsilinder het veroorsaak dat hy agter sy mededingers in die dik sand vasgeval het, en nadat hy eers moes stop om die nodige herstelwerk te doen, was hulle alweer vort. Dit was nogal ‘n geval van “van ‘n held na niks” vir die Primrose-besigheidsman en hy moes tevrede wees met ‘n negende plek algeheel en 17 punte in die Spesiale Voertuigkampioenskap.

Spesiale Voertuigkampioenskap:

Makgekgenene / Stangl (Jimco), 45

M. Corbett / Kelsey (BAT), 35

Roets / de Kock (WPP), 35

G. Classen / Ludick (Zarco), 28

Bezuidenhout / Bezuidenhout (Sandmaster), 24

E. Corbett / Goosen (BAT), 22

Goslar / Ilderton (Raceco), 21

Taylor / van der Merwe (JRE), 20

Nel (Truggy), 17

Klas-A:

Makgekgenene / Stangl (Jimco), 45

Corbett / Kelsey (BAT), 35

Klas-B:

Roets / de Kock (WPP), 35

G. Classen / Ludick (Zarco), 28

Bezuidenhout / Bezuidenhout (Sandmaster), 24

Klas-S:

Goslar / Ilderton (Raceco), 17

Die stryd sal tydens die Nissan-Sugarbelt 400 voortgesit word met die druk wat beslis op diégene wat nog nié punte aangeteken het nie, sal wees.

Original article from Car